Zume se ontduik planne word meer

Nadat die Zondo Kommissie oor Staat kaping ernstig opgetree het deur datums vas te stel waarby Jacob Zuma moet verskyn voor die kommissie, het Suid-Afrika gereken die voormalige president se troefkaarte is gedaan.

Die vertragings taktiek is egter nog nie verby nie, en met die jkongste aanslag gaan die Zuma span poog om Zondo uit te knikker.

Zuma het nou geeis dat die voorsitter van die Zondo Kommissie, Raymond Zondo, vervang word met iemand anders aangesien hy beweer dat die voorsitter nie geskik is om die Zuma getuienis objektief te benader nie.

Kenners wys daarop die nuwe skuif van Jacob Zuma en sy regsverteenwoordigers die verdeeldheid in ANC geledere verder kan versleg.

Zuma se aanval op Raymond Zondo sal die tweespalt verder verdiep en gaan waarskynlik daartoe lei dat die ANC se president Ramaphosa ook in die spervuur beland, want Zuma beweer dat die Zondo Kommissie se voorsitter n persoonlike vendetta teen hom het wat beteken dat hy nie ʼn “regverdige verhoor” sal kry nie.