Zuma steeds in bek geveg met Zondo

Die voormalige ANC president, Jacob Zuma, gaan voort met sy tirade teenoor regter Raymond Zondo, voorsitter van die Kommissie oor Staatskaping .

In die afgelope naweek het Zuma weer sy mond uitgespoel en beweer dat regter Zondo sy kinders geteiken het.

Die Kommissie het egter ʼn dagvaarding uitgereik om sowat 20 bankrekeninge te ondersoek wat aan Zuma verbind word, en wat rekenings van familielede is.

Zuma sê die regter is met talle aksies besig in ʼn poging om hom te vernietig, en het nou ook toegeslaan op sy kinders deur hulle bankrekenings te ondersoek.

Die Kommissie se amptelike woordvoerder, ene Mbuyiselo Stemela, het geweier om kommentaar te lewer in reaksie op Zuma se herhaalde uitbarsting teen regter Zondo,

Die moontlikheid bestaan dat die ANC ʼn dringende vergadering gaan beleq waartydens besin sal word of Jacob Zuma nie verwyder moet word uit die Party nie, aangesien hy nou ʼn verleentheid geword het.