Zuma onder toenemende druk

Die voormalige ANC president, Jacob Zuma, se dae van kommervrye tye is waarskynlik verby, want toenemende druk word op hom gesit oor die komende hofsaak oor die wapen korrupsie en die Staatskaping verhoor by die Zondo Kommissie.

Dit lyk of sy omstandighede versleg, want die dagvaarding om voor die Kommissie vir Staatskaping te verskyn, tesame met die moontlikheid van verdere ondersoeke na sy banksake en ook die van sy familielede, hou geen goeie vooruitsigte in nie.

Daar is ook gissings en sprake van ʼn moontlikheid dat hy sy geliefde politieke party, die ANC, se lidmaatskap kan verloor.

Van binne die ANC is daar glo oproepe dat Zuma sy lidmaatskap moet verloor, en dat Ace Magashule ook uit die party verban moet word omdat hulle ʼn verleentheid geword het.

Kenners reken egter dat die liodmaatskap nie maklik opgehef sal word nie, want dit kan baie ander lede wat Zuma ondersteuners is, ook laat besluit om te bedank. Daarbenewens moet verreken word dat indien die twee uit die party is, daar menige ander korrupte lede is wat ook uit die party geskop moet word.