Zondo versus Zuma

Waarnemers het spottenderwyse gesê die enogste waarmee die voormalige ANC president en die voorsitter van die Zpndo Kommissie iets in gemeen het, is die Z waarmee beide se van begin.

Die Zondo Kommissie het weer bevestig dat die ANC se vorige president, Jacob Zuma, op 16 November moet verskyn voor die Kommissie.

Die verskyning voor die Kommissie oor Staatskaping sloer nou reeds geruime tyd, en die voorsitter se geduld het nou plek gemaak vir ʼn ferm en besliste houding dat Zuma op die datum moet verskyn of so nie sal hy summier gearresteer word.

Die voorsitter het glo laat blyk dat daar geen ruimte gelaat word vir enige verdere onderhandelinge nie, en Zuma sal om 10 vm op die 16 November sy plek moet inneem voor die Kommissie.

Jacob Zuma was die vorige keer afwesig toe hy moes opdaag, met die verskoning data hy voorberei vir die hofsaak oor die wapen skandaal waarby hy betrokke kan wees..