Zondo om Cele te ondersoek

Regter Raymond Zondo, voorsitter van die Zondo Kommissie, wat die vele korrupsie gevalle en Staatskaping moet ondersoek, het glo hierdie week ʼn nuwe taak, en dit is om die Minister van Polisie te betrek.

Minister Cele kan nou getuienis lewer oor Malema en sy Rooi brigade wat volgens koerante ʼn dagvaarding uitgereik het om ook meer te wete te kom oor die Minister se Finansies.

Dit wil lyk asof die minister onder verdenking is oor sy finansiele sake terwyl sy vrou se verskillende maatskappye ook deur die paneel ondersoek sal word.

Minstens vier sakeondernemings waar Minister Cele as direkteur diens gedoen het, word nou op skedule geplaas om ondersoek te word deur die Zondo Kommissie.

Cele het wel van een maatskappy se direksie bedank, maar dit neem nie weg dat ondersoek en ondervraging nie gedoen moet word nie.

In 2011 het Bheki Cele die trekpas gekry as Polisie Kommissaris weens beweerde korrupsie.