WVF sit dalk sonder fondse

Die Suid-Afrikaanse Werkloosheid Versekeringsfonds (WVF) kan moontlik sonder geld sit wat ʼn nuwe krisis mag ontketen, maar dan sal die Covid Pandemie Noodfonds sekerlik weer moet ingryp.

Dit is die mening van ʼn finansiële deskundige wat bygevoeg het dat die WVF klaarblyklik meer as R3 miljard uitbetaal het aan persone wat nie kwalifiseer vir hulp nie.

Die verkeerde uitbetalings kan dus lei tot ʼn ernstige tekort aan Fondse wat die werklose mense, wat wel kwalifiseer vir hulp, sonder verdere hulp kan laat.

In ʼn verslag wat deur die Ouditeur-Generaal vrygestel is, word aangedui dat die WVF se Covid-19 Hulp Skema (Ters) uitbetalings gemaak het aan mense wat dood is, aan kinders, mense in tronke, en ook aan mense uit die buiteland wat in SA woon.

Dit het tot gevolg dat meer as R3 miljard in die rioolpype beland het en wat nie verhaal sal kan word nie.

Tans word sowat 160 gevalle ondersoek maar of die skuldiges aan die man gebring gaan word, is nog onseker.