Woonstelle staan leeg in stede

Die woonstel blokke is besig om al minder huurders te kry, en in stedelike gebiede regoor Suid-Afrika word die tendens ondervind.

In die afgelope kwartaal het die woonstelle se besetting met 11% gedaal, terwyl dit in die vorige kwartaal 7% was.

Die vermindering in besetting word toegeskryf aan die geweldige groot werkloosheid wat tans ondervind word.

 Groot woonstelblokke staan dolleeg, terwyl boukontrakteurs besig is met die oprigting van meer geboue.

Die toestand het daartoe gelei dat verhuurders genoodsaak is om die maandelikse huur tariewe te verminder in ʼn poging om die huurders behou.

Gevalle is ook aangemeld waar verhuurders aanbied dat nuwe huurders die eerste maand geen huurgeld betaal nie maar dit slaag nie, want huurders maak daarvan gebruik en trek dan uit voor die volgende maand aanbreek.