Woolworths wil glo terugploeg

Woolworths kettingwinkel groep het aangekondig dat hy daartoe verbind is om R1 miljard af te staan deur prysvermindering wat sal strek oor die volgende drie jaar.

Die winkelgroep sê hy wil sekere produkte meer toeganklik maak vir kliënte, en het ʼn aantal produkte geoormerk vir hierdie doel.

Dit sal ondermeer ook R750 miljoen insluit wat ʼn belegging sal wees in die voedsel bedryf terwyl R250 miljoen in die mode bedryf belê sal word om groter toeganklikheid te verseker.

Die groep beweer dat die aanpassings gemaak sal word omdat daar ʼn bewustheid is dat kliënte dit op die oomblik moeilik vind, en daarom word die aanpassings glo gemaak.

Die eerste fase sal beteken dat R250 miljoen in die voedsel mark belê gaan word en R250 miljoen is die mode afdeling waar klerasie die hoof lyn sal wees.