WGO: Meer virus infeksies as wat vermoed

Die Wêreld Gewoondheid Organisasie (WGO) wat ʼn afdeling van die Verenigde Nasies is, reken dat die infeksies veel ernstiger is as wat tans op rekord is.

Die WGO sê nagenoeg een uit elke tien mense op aarde het infeksie gehad, of het dit steeds, wat die totale aantal infeksies veel hoër maak as wat tot hede op rekord aangedui word.

Die verspreiding van die koronavirus bekend as Covid-19 het in verskeie lande nou sy “terugkeer” gemaak en ʼn tweede pandemie begin.

Die WGO waarsku dat ʼn uiters moeilike tyd op die mensdom wag, en die toekoms toon geen maklike einde nie, want die beskikbaarheid van entstof aan miljoene mense in armer lande gaan nie gou wees nie en in die ryk lande word die entstof eers teen die einde van die jaar verwag.

Dit beteken dat die komende drie maande geen maklike tyd sal wees nie, en die ongeduld van aktiviste veroorsaak dat regerings gouer hul maatreëls verslap, wat ook sekere nadele inhou.

Aan die ander kant van die munt is en moet finansiële omstandighede van staat en sy burgery verreken word, en die wêreld se ekonomiese stand is aan die kwyn tot n vlak van 90 jaar gelede.

Die WGO se syfers beteken dat 10% van die wêreld bevolking reeds infeksie opgedoen het, wat 20 keer meer is as wat amptelike syfers op rekord weerspieël. Dit kan beteken dat 35 miljoen mense infeksie opgedoen het, en indien dit korrek is, sal die draaipunt nie gou bereik word nie, behalwe as die verspreiding van entstof hoogs doeltreffend uitgevoer kan word.