Werkloses vra voortgang van hulp

Die regering se hulp program aan mense wat finansieel sukkel, word uit die Covid Noodfonds gefinansier, en ontvang ʼn maandelikse toelaag van R350 per persoon wat kwalifiseer.

Terwyl daar oproepe kom dat die Noodtoestand wat weens die pandemie uitgeroep is deur Cyril Ramaphosa, nou opgehef moet word nadat dit reeds met ʼn maand verleng is, is daar ook ander wat vra dat die hulp moet voortgaan.

Onbevestigde berigte lui dat meer as 75 organisasies, wat hoofsaaklik swartmense verteenwoordig, nou ʼn oproep doen dat die hulpverlening moet voortgaan.

Die organisasies vra ook dat die bedrag van R350 per maand verhoog moet word na R585 per maand per persoon, maar dui nie aan hoe lank die hulpprogram langer moet duur nie.