Wêreld Voedsel Program wen Nobelprys

Die Verenigde Nasies se afdeling Wêreld Voedsel Program, het vanjaar die Nobelprys vir Vrede ontvang, en die toekenning is gemaak vir die hulp wat aan verhongerde gegee is in die afgelope jaar.

Die Noorweegse Nobel Komitee het die naweek in Oslo die aankondiging gemaak en daarmee hulde gebring aan die VN se afdeling wat besondere bydraes gemaak het in oorlog geteisterde gebiede om verarmde mense van voedsel te voorsien.

Die VN se afdeling Voedsel Program is die grootste humanitêre hulpverlener in die wêreld, wat spesifiek fokus op die honger van mense regoor die aardbol.

Die Nobel Komitee het die hoop uitgespreek dat hy met die toekenning die wêreld se oë laat draai na die miljoene mense op aarde wat daagliks in honger hulle werk moet verrig weens ʼn tekort aan voedsel.