Wêreld teleurgestel in VSA leiers

Dit is nie net die Amerikaanse kieserskorps wat hulle misnoeë tekene gegee het met die verloop van die Trump-Biden debat nie.

Politieke leiers regoor die wereld het ook hulle ontevredenheid uitgespreek oor die swak, kinderagtige, en onbeskofte wyse waarop die twee presidentskandidate, Donald Truimp en Joe Binden hulle gedra het.

Die moderator wat die gesprek moes beheer was later ontsteld oor die onaanvaarbare wyse waarop president Trump optree en die opponent nie minder nie as 73 keer in die rede geval het.

Biden het hom vervies en Trump toegesnou om stil te bly, en die moddergooiery het daarmee net al erger geword.

Die organiseerders van die debat, wat nou nog twee geleenthede geskeduleer het, sê dat nuwe reëls sal geld wat verseker dat ʼn soortgelyke fiasko nie herhaal word nie.

Meningsvormers wys daarop dat die swak gedrag van beide sprekers die Amerikaanse publiek, en veral die 12 miljoen wat die debat op TV gevolg het, oningelig gelaat het, en hulle geleentheid om ʼn keuse te maak vir wie om te stem, verbeur het.