Wêreld Nuusflitse


Asteroïde

ʼn Asteroïde so groot soos ʼn groot yskas is tans onderweg in die rigting van die Aarde, en kan moontlik die aarde tref binne die eerste twee dae van November. Die Amerikaanse weermag is op gereedheid geplaas om die rots met missiele te bombardeer as dit blyk nodig te wees, alhoewel die sukses van so ʼn poging redelik beperk is.

Duitsland

ʼn Man wat aansoek gedoen het om as immigrant na Duitsland aangeneem te word as burger, is dit geweier omdat hy nie bereid was om ʼn vrou met ʼn handdruk te groet nie, wat as diskriminerende optrede beskou is.

Turkye

Die Turkse regering het gesê die ontdekking van ʼn reuse ondersee gas bron in die Swartsee gebied, is ʼn “natuur wonder” aangesien dit 405 miljard kubieke meter groot is van natuurlike gas.

Frankryk

In die 24 uur tydperk van die afgelope Sondag het Frankryk meer as 32,000 nuwe gevalle van koronavirus infeksie aangemeld, wat meer is as op enige stadium van Frankryk se eerste pandemie, en dit het die owerheid verplig om strenger maatreëls in te stel.

Brexit

Die Europese Unie het in ʼn verklaring gesê daar bestaan ʼn geringe moontlikheid dat ʼn handelsooreenkoms met die Verenigde Koninkryk aangegaan kan word, maar daarvoor is wedersydse trou vir die onderhandelinge uiters noodsaaklik.

Washington

ʼn Ligte vliegtuig was genoodsaak om ʼn noodlanding te doen in die parkeerruimte van ʼn staatsdepartement nadat die tuig krag verloor het, en kon daarin slaag om niemand te beseer of enige voertuie te beskadig nie.

Frankryk

Honderde duisende Franse het op die plein in die hoofstad byeen gekom nadat ʼnn onderwyser deur ʼn Islamitiese terroris vermoor is, waarna die polisie daarin kon slaag om die moordenaar dood te skiet. Nog nege ander verdagtes is deur die polisie in aanhouding en vir ondervraging gearresteer. Nog sowat 250 verdagtes sal binnekort gearresteer word weens hulp aan die moordenaar.