Waar staan SA se polisie minister

Groot gewag word gemaak oor die stand van die huidige Minister van Polisie, Bheki Cele, wat uiters ongewild geraak het onder die landbouers van Suid-Afrika weens sy ongevoelige, neerhalende opmerkings van die afgelope weke.

Nou kom daar ondersoeke deur die Kommissie oor Staatskaping, wat verband hou met die vorige afdanking van Cele weens beweerde korrupsie.

Cele word verbind aan die korrupsie wat na bewering deur die Misdaad Intelligensie opgespoor is.

Die bewerings het neerslag gevind in die Kommissie vir Staatskaping, en sy sakebedrywighede in Natal het die eerste alarm laat afgaan dat alles dalk nie pluis is nie.

Cele word ook verbind aan die sakeman Panganathan Marimuthu oor beweerde tenders, terwyl die sakeman vroeër afgedank is as offisier weens beweerde dwelmhandel.

Ingeligte bronne beweer dat die sake waarskynlik in die Zondo Kommissie ter sprake sal kom, wat groter helderheid kan meebring oor die minister se bedrywighede.