Waar sal SA wees?

Die Duitse Minister van Ekonomiese Sake sê Duitsland sal vroeg in 2022 op ekonomiese gebied wees waar hy voor die pandemie was.

Met die opmerking het ʼn ekonoom van Suid-Afrika gereageer oor die moontlikhede wat wag vir die land wat betref die herstel wat nodig sal wees om net terug te keer na die stand van November 2019 voor die uitbreek van die koronavirus pandemie.

Volgens die ekonoom sal Suid-Afrika nie voor 2025 kan herstel tot die vlak van November 2019 nie, met die ander werklikheid dat dit toe ook nie goed gegaan het op ekonomiese gebied in die land nie.

Hy sê die resessie was toe reeds sigbaar, die afgradering deur graderings agentskappe het SA tot rommel status afgedruk, en die land se enorme skuldlas is daarna so erg verhoog met die lenings vir die Covid Noodhulpfonds, dat dit ondenkbaar is dat die ekonomie onder ANC bewind gou sal verbeter.

Hy het die hoop uitgespreek dat die land ekonomiese inspuitings van buite gaan kry as Ramaphosa voortgaan om die korrupte ministers, polisiebeamptes en ander staatsamptenare agter tralies te kry.