Waar gaan Cyril die geld kry

Die president, Cyril Ramaphosa het met sy aankondigings oor die ekonomiese herstel plan gesê die staat gaan R100 miljard bydrae tot die ontwikkeling van die ekonomiese plan wat klaarblyklik in 2021 afskop.

Hy het gevra dat die privaat sektor hierby moet inkoop om die ekonomie weer in volle swang te kry, en het ook bygevoeg dat pensioenskemas toegelaat sal word om te belê in die herstel program.

Kenners het ʼn sug van verligting gegee dat die pensioenskemas nie verplig is om deel te neem aan die riskante plan van die ANC regering nie.

Die groot vraag wat Tito Mboweni as Minister van Finansies hierdie week moet antwoord, is wat hy gaan doen om die R100 miljard te bekom, gesien die swak status van Suid-Afrika om lenings te bekom gesien die enorme skuldlas wat reeds soos ʼn meulsteen om die nek hang.

As die R100 miljard uit die belastingbetalers se sakke gaan kom, dan gaan die belasting verhogings so groot wees dar geen nyweraar of sakeonderneming staande sal bly nie.