VSA trap Russiese kapers vas

Russiese kapers wat in 2017 die Franse verkiesing en in 2018 die Winter Olimpiese Spele beïnvloed het met kapings, is in die VSA betrap en geïdentifiseer.

Hulle is ook verantwoordelik vir die krag krisis in die Oekraine en was betrokke by die Norvichok vergiftiging.

Hulle word ook deur die VSA verdink van ander ongerymdhede wat rekenaar virusse en dergelike probleme veroorsaak.

Die kapers, bestaande uit ses Russiese offisiere wat na bewering vir ʼn militêre intelligensie agentskap werk, word nou vervolg vir die aanvalle op ʼn breë reeks politieke, finansiële en selfs atletiek teikens.

DIE SES Russe is almal van die huidige, of as voormalige lede van die Russiese Hoof Intelligensie Direktoraat, en word daarvan beskuldig dat hulle aanvalle uitvoer  op sekere teikens soos die Oekraine se krag netwerk.

Alhoewel die Russiese regering die aantygings ten sterkste ontken het, blyk dit dat die kapers is wat inmeng in talle verkiesings van die wêreld.