VSA stel sanksies in teen Iran bankiers

Die Amerikaanse regering het Iran se banke op sy swartlys geplaas wat die land se finansiële sektor ʼn ernstige terugslag gee.

Iran se mees senior diplomaat, Javad Zarif, het Washington beskuldig dat hy besig is om die bestaande kanaal tussen die twee lande te vernietig en daarmee ook keer dat Iran betaal vir voedsel en medisyne wat hy moet invoer.

Die nuwe reeks sanksies slaan 18 bankiers in Iran, wat die land ʼn ernstige knou toedien om sy handelsbetrekkinge met Westerse lande belemmer.

ʼn Woordvoerder van die Amerikaanse regering het in reaksie daarop gesê die VSA se doel is om Iran te stop om terroriste bewegings te ondersteun, en daarom sal voortgegaan word met sanksies tot Iran besef hy moet die gebruik staak.