VSA sit Sjinese op swartlys

Die Verenigde State van Amerika het bekendgemaak dat hy twee Sjinese en ses entiteite van Sjina op sy swartlys gesit het omdat hulle sake doen met Iran terwyl daar ʼn internasionale verbod is.

Die Sjinese entiteite het transaksies aangegaan met die skeeps maatskappy van die Islamitiese Republiek van Iran.

Die entiteite is ook betrap dat hulle gehelp het om dit vir Iran moontlik te maak om die Amerikaanse sanksies te verontagsaam.

Die Amerikaanse Departement het die name van die ses instansies gepubliseer wat almal entiteite van Iran is met skeepvaart verbintenisse.

Twee persone wat elk aan die hoof staan van ʼn maatskappy is ook op die swartlys geplaas wens hulle aandeel om Iran te bevoordeel.

Die gevolg van die optrede beteken dat die ses entiteite en twee mense aan die hoof van maatskappye, se bates en bankrekenings wat onder Amerikaanse jurisdiksie val, gevries word vir ʼn onbepaalde tyd.