VSA probeer weer skietstilstand vir Azerbaidjan

Wat beskou word as die derde poging om ʼn skietstilstand ooreenkoms te bereik tussen Azerbaidjan en Armenië, het die VSA na vier weke van ernstige konflik, weer begin om vrede te probeer skep.

Twee van Rusland se pogings het nie werklik geslaag nie, want terwyl die twee lande nog in gesprek is, het beide al beskuldigings na mekaar geslinger van verbreking van die ooreenkoms.

Amerika, Armenië en Azerbaidjan het egter aangekondig dat ʼn nuwe skiet staking ooreenkoms bereik is oor die Nagorno-Karabach streek wat gister in werking getree het.

In ʼn gesamentlike verklaring is bekend gemaak dat die nuwe akkoord onderteken is deur Armenië se Minister van Buitelandse Sake, Zohrab Mnatsakanyan, en Azerbaidjan se eweknie, Jeyhun Bayramov.

Die Amerikaanse Departement van Buitelandse Sake poog om die twee lande nader te beweeg na ʼn ooreenkoms om die gevegte te staak en tot ʼn vergelyk te ko moor die geskil.