VSA moet Koue Oorlog mentaliteit stop

Sjina het die week gesê die Verenigde State van Amerika moet sy Koue Oorlog mentaliteit staak wat provokasie, aanvalle en beskuldiging teen Sjina insluit.

Die Sjinese beskuldig die Amerikaanse Minister van Buitelandse Sake, Mike Pompeo, daarvan dat hy met smeer veldtogte en konfrontasie voortgaan teen Beijing.

Mike Pompeo het die afgelope week Japan besoek en het tydens die geleentheid groter samewerking met Australië, Indië en Japan gevra om teen Sjina se groeiende invloed in die streek op te tree.

Die Sjinese sê Minister Pompeo het herhaaldelik onwaarhede gefabriseer oor Sjina en daarmee politieke konfrontasie ontlok.

Die Sjinese diplomaat het herhaal dat Sjina weereens ʼn beroep doen op die VSA om te stop met sy Koue Oorlog mentaliteit en ideologiese veroordeling asook die onbewysbare beskuldigings en onnodige aanvalle op Beijing.