VSA mobiliseer lande teen Sjina

Die Amerikaanse regering is besig met ʼn grootskaalse program om meer lande saam te snoer teen Sjinese kommunisme en oorheersing.

In die jongste gevalle is Noord-Masedonië, Kosovo en Boelgarye oorreed om die VSA se ooreenkoms te onderteken met die doel om gemobiliseer te word ten Sjinese oorheersing en sy kommunistiese invloed.

Amerika en die Europese Unie werk saam om die G5 infrastruktuur van Sjinese invloed teen te werk, en het gevolglik ʼn bilaterale gesprek begin met Sjina as hoof onderwerp.

Die G5 is n generasie ontwikkeling op tegnologiese gebied, en Sjina leuen swaar op die stelsel om hulle landsbelange te bevorder en propaganda te versprei in ander lande.

Die drie lande is die jongste toevoeging wat die ooreenkoms onderteken het met die VSA oor hoë-spoed breëband netwerk sekuriteit.

Die “skoon netwerk” se hoof taak is om “langtermyn bedreigings teen data en privaatheid” teen te staan, en hoe meer lande saamwerk, hoe gouer word Sjina uitgeskakel as bedreiging.