VSA: Honderde immigrante kinders ouerloos

Die kontroversiële grens beleid wat in die VSA toegepas is, het daartoe gelei dat 545 kinders se ouers nie opgespoor kan word nie.

ʼn Ondersoek komitee wat deur die hof aangewys is, werk daaraan om die families wat van mekaar geskei is weens die grens beleid wat toegepas word, te herenig.

Die komitee het egter in sy verslag gemeld dat die families van die honderde kinders nie gevind kon word nie, end at die ouers ook nie opgespoor kon word nie.

Die komitee se aanvanklike opdrag was om die ouers te vind van 1,030 kinders, maar het aan die hof gerapporteer dat hulle geen ouers of ander familie van die 545 kinders kon opspoor nie.

Die Trump-administrasie het ʼn beleid toegepas met immigrante dat die kinders geskei word van die ouers, maar die beleid is later deur ʼn hof as onwettig verklaar, maar die terug besorg van die kinders aan hulle wettige ouers is nou ʼn ernstige problem.