VSA en Russiese ruimtevaarders reis saam

ʼn Russiese kapsule, met drie ruimtevaarders van Nasa en Roscosmos is suksesvol gelanseer en onderweg na die Internasionale Ruimte Stasie.

Die drie mense in die Soyuz vuurpyl is Woensdagoggend vanaf die Russiese ruimtevaart stasie gelanseer .

Nasa se Kate Rubins en die twee Russiese ruimtevaarders, Sergey Ryzhikov en Sergey Kud-Sverchkov sal ʼn vinnige besoek bring aan die Internasionale Ruimte Stasie.

Die reis wat slegs sowat drie uur duur voor die bestemming bereik is, het ook suksesvol verloop en het hulle sonder voorval hul bestemming bereik.

Gewoonlik neem dit tot ses uur se reis, maar die 250 myl bokant die aarde is hierdie keer vinniger bereik met ʼn kragtige vuurpyl.

Die drie neem die verpligtinge oor van die twee wat tans in die Ruimtestasie diens doen, en sal vir minstens ses maande in die ruimte aanbly, en die twee wat terugkeer sal eers volgende week hulle terugreis onderneem.