VSA en Rusland nader aan kernwapen akkoord

Die leiers van Washington en Moskou is blykbaar gereed om ʼn deurbraak te maak met die beperkings op kernwapens om ʼn nuwe ooreenkoms te bereik ter vervanging van die 2011 ooreenkoms bekend as die “”START”.

Rusland het glo te kenne gegee dat hy gereed is om die aantal kernwapen te vries indien die VSA bereid sal wees om dieselfde te doen.

Die VSA se senior diplomate was gereed om Rusland te ontmoet op ʼn dringende basis om ʼn nuwe ooreenkoms te sluit en gesê hy hoop Rusland het sy diplomate bemagtig om finale besluite namens hulle land te doen met die vestiging van die nuwe ooreenkoms.

Die twee lande is glo gereed om ʼn nuwe ooreenkoms te sluit wat die vervaardiging van kernwapens en plofkoppe sal beperk, wat insluit die ballistiese missiele en kernbomme.

Die bestaande ooreenkoms, wat ook die enigste is tussen die twee moondhede, kon nie Sjina daarby betrek kry nie, en alhoewel president Poetin van Rusland aanvanklik gesê het die bestaande ooreenkom moet net hernu word, was dit die VSA wat aangedring het op ʼn ooreenkoms wat voldoen aan nuwe vereistes.

Die huidige ooreenkoms maak voorsiening dat elke land beperk word tot bepaalde getalle, maar Rusland het meer “oorlog koppe” as enige ander land ter wêreld, en sy 6,370 eenhede is aansienlik meer as die VSA se 5,800 en Sjina se 320 eenhede.