VSA basis in Irak aangeval

Slegs enkele ure nadat die Irak regering gevra het vir beskerming maatreëls, is ʼn reeks vuurpyle gelanseer op die Amerikaanse basis in die land.

Die reeks vuurpyle is deur die doeltreffende vuurpyl afweer stelsel van die VSA verdedigingsmag suksesvol afgeweer, en ʼn weermag woordvoerder het later gesê die Amerikaanse troepe was blykbaar die hoof teiken.

 Die vuurpyle is gelanseer om die Koerdiese gebied in Irak te destabiliseer waar die Amerikaanse basis geleë is.

ʼn Woordvoerder het gesê die vreemde aanval met vuurpyle word beskou as ʼn vergroting van die buurland Iran se aanvalle so kort nadat die Eerste Minister gese het die gebied se beveiliging moet opgeskerp word.

Ses vuurpyle is gelanseer vanaf die grens van die Sheik Amir dorpie deur die Mobile Mag wat ingestel is op aanvalle teen die koalisie magte waarby die Koerdiese en Amerikaanse magte diens lewer teen die aggressie van Iran