Voormalige Staatsveiligheid minister in hof

Die voormalige Minister van Staatsveiligheid, Bongani Bongo, sal eersdaags saam met tien ander beskuldigdes in die hof verskyn.

Bongo het in Nelspruit se landdroshof verskyn op aanklag van korrupsie en bedrog.

Die Direktoraat vir Prioriteit Misdaad Ondersoeke het Bongo gearresteer enkele ure na hy as voorsitter van ʼn virtuele sitting van die parlement se staande komitee oor binnelandse sake opgetree het.

Die vervolging hou verband met land transaksies wat verdag voorgekom het toe betalings gemaak is deur die departement.

Gedurende Februarie 2012 is ʼn klagte geopper oor die Msukaligwa Munisipaliteit van Ermelo met die aankoop van grond teen die astronomiese bedrag van meer as R36 miljoen, maar die eiendom is gewaardeer teen R11 miljoen.

Tydens die transaksie was Bongo aan die hoof van die departement se regs-afdeling, wat nou tot die hofsaak lei, al is dit agt jaar later.