Virus: Wêreld kry hernude pandemie

Die koronavirus pandemie wat op ʼn stadium na sy einde beweeg het, is nou in volle swang om die tweede pandemie in Europa te ontwikkel.

In die 24 uur tyd van verlede Vrydag, het die wêreld se infeksies met meer as 400,000 gestyg, wat volgens statistieke, vinniger is as die verspreiding met die eerste pandemie.

Europa was eerste om die pandemie hok te slaan, maar is nou eerste om die tweede pandemie te kry volgens die statistieke wat toom dat die vermeerdering in infeksies gemiddeld 140,000 per dag is.

Europa se status is tans so ernstig dat sy infeksie toename per dag groter is as die VSA, Brasilië, en Indië se gesamentlike infeksies.

Ongeveer 35 uit elke 100 nuwe infeksies wat wêreldwyd aangemeld word, is in Europa, en te midde van streng maatreëls in sekere lande, is dit duidelik dat daar ʼn onverskilligheid heers onder die owerhede wat nie erns maak met die saak nie, klaarblyklik in ʼn poging om die ekonomie te herstel.

Tans is daar meer as 6,3 miljoen infeksies in die wêreld sedert die pandemie begin het, en kenners meen die toename gaan nog verdere verhoging teweegbring.