Virus: Ventilators projek misluk

Die regering het voorsien dat baie ventilators benodig gaan word om aan hospitale te voorsien vir pasiënte wat so ʼn toestel benodig.

Nagenoeg R250 miljoen is begroot vir die aankoop van die ventilators, en die noodsaaklikheid van spoedige aflewering is beklemtoon.

Nou wil dit lyk of die aankoop van honderde ventilators nie nodig was nie, veral in die lig van die beweerde herstel persentasie wat 90% is.

Die Nasrec veldhospitaal is ook teen miljoene Rand ingerig om infeksie gevalle op te neem, en tot hede was die honderde beddens onnodig, want slegs 25 pasiënte is in die veldhospitaal opgeneem.

Kenners waarsku egter dat die ventilators en veldhospitale wel nodig mag word indien Suid-Afrika ook n tweede pandemie kry soos wat tans in vele Westerse lande die geval is.

Die oopstel van lughawens het die moontlikheid van ʼn tweede pandemie verhoog, maar ingeligte bronne sê die virus pandemie sou veel gouer tot ʼn einde gekom het as die inperkings maatreëls nie in werking gestel is nie, en eerder die voorbeeld van Swede gevolg het.