Virus saai verwoesting in Europa

Byna 4.8 miljoen mense van Europa het koronavirus infeksie opgedoen te midde van voorsorg maatreëls wat getref word om infeksie te beperk.

In die afgelope week het die infeksies met 44% gestyg in Europa, en ernstige kommer bestaan oor die situasie wat gaan volg in die komende weke.

In Europese lande het sowat 201,000 mense reeds gesterf weens infeksie, en verskeie lande het weer begin om tydelike hospitale in te rig.

Die Europese Sentrum vir Siekte Voorkoming en Beheer, het die syfers bekend gemaak, en ingeligte bronne sê die vinnige toename kan deels toegeskryf word aan die verslapping van maatreëls ten einde die ekonomie op dreef te kry.

Die verenigde Koninkryk het reeds meer as 43,000 sterftes wat die Europese land is wat die swaarste getref word. Frankryk se toename in infeksie gevalle wek eweveel kommer, met tot 35,000 per 24 uur tydperk, terwyl Spanje en Italië ook ʼn tweede pandemie in die gesig staar.