Virus: Indië infeksies verby 6 miljoen

Die Covid-19 koronavirus infeksies het reeds die 6 miljoen merk verbygesteek in Indië, en die daaglikse toename van tot 80,472 binne 24 uur tydperk bied rede tot ernstige kommer.

Die sterftes het binne dieselfde tydperk van 24 uur met 1,179 toegeneem, en staan reeds op 97,497 gevalle, het die Minister van Gesondheid bekend gemaak.

Indië is die tweede grootste land wat infeksies betref, en word slegs deur die VSA oortref met sy 7,4 miljoen infeksie gevalle.

Intussen word verneem dat die totale infeksies regoor die wêreld nou die 34 miljoen nader, terwyl die sterftes die een miljoen kerf verby is.