Virus: Frankryk in massiewe krisis

Dit is die hoogste aantal nuwe infeksies in ʼn enkele dag sedert die verspreiding van die Covid-19 koronavirus bekend geword het in Frankryk.

Intussen het Spanje vir ʼn tweede keer vanjaar ʼn noodtoestand afgekondig weens die vinnige verspreiding van die virus infeksie.

Frankryk het Sondag 52,010 nuwe infeksies geregistreer vir die 24 uur tydperk, en byna 20% van die mense wat getoets is in die 24 uur tydperk, het positief getoets.

Die dramatiese toename in nuwe gevalle die afgelope week, is so ernstig dat die land in ʼn massiewe krisis beland het, en kenners meen die Franse kan ʼn tweede pandemie kry wat selfs van groter omvang is as die eerste een.

Die owerheid het ʼn wye toets program ingestel regoor die land en wil baie meer mense daarmee bereik as met die eerste pandemie vroeër vanjaar.