Virus: Entstof kan nog maande se wag wees

Die beskikbaarheid van Covid-19 koronavirus entstof kan wel teen die einde van die jaar vrygestel word, maar dit is nie die finale antwoord op al die vrae nie.

Ingeligte bronne sê die entstof sal wel deur vervaardigers vrygestel word teen die einde van die jaar of vroeg in 2021, maar die verspreiding daarvan om al die inwoners van die land te bereik is die moeiliker fase.

In Duitsland word voorsien dat die entstof inentings veldtog eers in April sal kan begin, en dit beteken dat nog vele maande sal verloop voor almal bereik is.

Die Minister van gesondheid sê die inspuitings sal eerste beskikbaar wees aan die hoé risiko deel van die bevolking soos die ouer mense, verpleeg personeel, geneeshere en ander gesondheidswerkers.