Virus: Duitsland waarsku teen verspreiding

Die Duitse Minister van Gesondheid het ʼn ernstige waarskuwing uitgereik teen die moontlikheid dat die verspreiding van die koronavirus weer soos ʼn veldbrand kan versprei.

Die waarskuwing volg nadat berig ontvang is dat meer as 4,000 nuwe infeksies binne 24 uur aangeteken is, en wat ernstige kommer by die regering veroorsaak het.

Die Duitse Infeksie Agentskap het gewaarsku dat die syfer binne dae kan spring tot 10,000 per 24 uur tydperk.

Duitsland is tydig met die waarskuwing en probeer voorkom dat die land in dieselfde posisie kom as Brittanje en Frankryk wat op die oomblik ʼn geweldige toename in infeksies het. Berigte lui dat Frankryk se daaglikse toename nou meer is as wat dit met die eerste pandemie was, en dit voorspel ernstige finansiële probleme as dit nie beheer kan word nie.

Ingeligte bronne het ook verwys na die situasie wat ook Suid-Afrika kan tref as die beheer maatreëls nie streng toegepas word nie.