Verset teen plaasaanvalle duur voort

Honderde boere en hulle families het na die Suid-Afrikaanse parlement beweeg in ʼn massa optog om te eis dat die ANC se president plaasaanvalle en plaasmoorde sal veroordeel en dit as ʼn prioriteit misdaad moet verklaar.

Die “Swart Maandag Beweging” is ʼn jaarlikse gebeurtenis om die terroristiese euwel onder die aandag van die regering en die internasionale gemeenskap te bring.

Die onlangse moord op die jong plaasvoorman van Senekal,  Brendin Horner, het nie net die boere van die Vrystaat in verset gebring nie, maar het wye reaksie regoor Suid-Afrika gebring.

Boere het in hulle woede drastiese optrede getoon by die landdroskantoor van dioe dorp, en het onomwonde gesê die Minister van Polisie, Bheki Cele, word verantwoordelik gehou omdat voldoende polisiëring nie in landelike gebiede toegepas word nie.