Verkiesingskommissie misluk teen Mashaba

Die voormalige burgemeester van Johannesburg, Herman Mashaba, laat hom nie stuit deur die Verkiesingskommissie van SA se beslissing om nie sy politieke party te registreer nie.

Die Kommissie het bevind dat die party se naam bots en verwarring kan veroorsaak aangesien ʼn party reeds bestaan met ʼn naam waar “Action” voorkom.

Mashaba het sy eie party gestig nadat hy uit die linkse DA getree het, maar sy aansoek om registrasie is deur die Onafhanklike Verkiesingskommissie van die hand gewys.

Nou het Mashaba hom gewend tot die leiers van die party Actiom SA wat klaarblyklik bereid is om ʼn verkiesings ooreenkoms aan te gaan vir die 2021 verkiesing.

Verskeie ANC hooggeplaastes het intussen hulle tot die Mashaba party gewend, waarvan minstens twee ook senior poste sal beklee.