Verkiesing: VSA kry nuwe reëls vir debatvoering

Die fiasko van die eerste debat wat gevoer is tussen die Amerikaanse president, Donald Trump, en die voormalige visepresident, Joe Biden, sal nie weer herhaal word in die komende debat nie.

Die reëlingskomitee vir die debatvoering het die stelsel so verander dat die een spreker wat aan die woord is, nie deur die ander een in die rede geval kan word nie.

Terwyl een kandidaat aan die woord is, sal die ander kandidaat se stelsel afgeskakel word sodat geen moontlikheid bestaan om mekaar in die rede te val nie.

In die eerste debat wat wêreldwyd op beeldradio vertoon is, het bedie kandidate vir die Amerikaanse presidentsverkiesing hulle uitermatig swak gedra, en het duisende kykers en veral Amerikaanse kiesers gesê hulle sal nie vir een van die twee swak gemanierde kandidate stem nie.

Die tweede debat is afgestel weens Trump se infeksie van die koronavirus, en het selfs geweier om deel te neem aan ʼn moontlike virtuele debat.

Die volgende debat tussen die twee presidentskandidate sal Woensdag (VSA tyd) gehou word en sprekers sal slegs ʼn twee minute spreekbeurt kry waarna oorgeskakel word na die ander spreker.

Miljoene mense regoor die wêreld sal na die debat kyk en luister, maar kenners wys daarop dat so ʼn debat tot geen oorreding van kiesers lei nie en dus waardeloos is.

Intussen word verneem dat die media se meningspeilings in die VSA, Joe Biden as die nuwe president aanwys omdat hy reeds ʼn 10% voorsprong met ondersteuners het.