Verhoogde belasting wag op SA

Suid-Afrika gaan al swaarder trek in die komende jaar weens die verhoogde belastings wat die Minister van Finansies, Tito Mboweni, eersdaags sal aankondig.

Terwyl byna elke Suid-Afrikaner ʼn finansiële terugslag beleef weens die pandemie, gaan die terugslag nog opgevolg word met verhoogde belasting om die land te probeer red van totale ineenstorting op ekonomiese gebied.

Die bekommernis wat Cyril Ramaphosa het oor die land se finansies, is bevestiging dat Minister Mboweni sekere verhogings sal aankondig met sy tussentydse begrotingsrede wat die week gehou sou word, maar op sy versoek vir ʼn week uitgestel is.

Die ekonomiese stand van Suid-Afrika was al voor die pandemie begin het, in ʼn haglike posisie, en word weerspieël met die graderings Agentskap Moody’s wat tot op die laaste gewag het voordat hy ander agentskappe gevolg het en SA tot rommel status gradeer het.

Die ANC se president het ʼn Ekonomiese Advies Raad wat ondermeer aanbeveel het dat die ekonomiese herstel program ook verhoogde belastings insluit.

Die vermoede bestaan dat brandstof eerste met hoerq belastings gelaai sal word, en die hoerq inkomste groepe sal ook harder geslaan word deur die Ontvanger van Inkomste.

Die verhoogde belastings moet deels bydrae om die verwagte uitgawes van sowat R240 miljard aan staatshulp vir sukkelende mense, te betaal.