Verander bestuurslisensies sê Outa.

Die regering en die Minister van Vervoer se grootste kritikus, Outa, het aanbeveel dat die minister oorweging gee aan die verandering van die voertuig lisensie prosedure.

Outa bevel aan dat Minister Mbalula die hernuwing van lisensies wysig van die bestaande 5 jaar termyn na 10 jaar, sodat die rompslomp en onnodige gewag by die departement se kantore beëindig kan word/

Outa sê hy is seker daarvan dat so ʼn verandering tot voordeel van die staat sal wees, asook voordeel het vir die burgers van die land, en behoort dus ernstig oorweeg te word.

Ingeligte bronne reken egter dat die minister nie die voorstel sal oorweeg nie aangesien dit miljarde Rand se inkomste is wat verbeur sal word.

Die moontlikheid om met die tien jaar termyn die lisensie se hernuwings tarief te verhoog, sal ook nie byval vind nie aangesien dit weer te veel geld is vir die armer deel van voertuig bestuurders.