Venezuela se wanbestuur word krisis

Die professionele mense in Venezuela word so erg deur die swak ekonomiese toestande geraak dat hulle nou ook veg vir oorlewing deur ondergeskikte werk te doen.

Van bioloë tot advokate het hulle tot die bemarking en gewone verkope van goedere gewend om aan die lewe te bly, en betree die markte om soorte voedsel en gesigsmaskers  te verkoop.

Talle probeer ʼn lewe maak deur skoonmaak middels te verkoop deur van huis tot huis te gaan en ligte demonstrasies te gee oor die middels se werking.

Benewens die ses jaar lange resessie is die land deur wanbestuur in ʼn finansiële verknorsing, en die swak olie prys, wat die land se hoof bron van inkomste is, het dit so moeilik geword dat buitelandse leweransiers die verskaffing van voorraad gestaak het.

Die jaarlikse inflasiekoers van meer as 3,000% tesame met die vele internasionale sanksies, is van die belangrikste redes waarom professionele mense nie meer ekonomies kan oorleef nie.

Een voorbeeld is die professionele musikant, Alonso Toro, wat gereeld TV programme aangebied het en in advertensies opgetree het, en talle kinderprogramme aangebied het, is nou sonder inkomste en worstel om ekonomies te oorleef.

Asof dit alles nie genoeg is nie, het die virus pandemie ook sy merk gelaat, wat duisende mense sonder inkomste of heenkome laat omdat die staat nie internasionale lenings kry om mense te help nie.