Valke slaan toe op munisipale bestuurder

Die Suid-Afrikaanse Direktoraat vir Prioriteit Misdaad Ondersoeke het bevestig dat die Valke toegeslaan het op die voormalige munisipale bestuurder van Rathou Munisipaliteit.

Cassius Sebatane Sejake is gearresteer en het kort daarna sy eerste verskyning in die hof gemaak om sy borgaansoek aan te hoor.

Hy word daarvan beskuldig van tender ongerymdhede ten bedrae van R5,8 miljoen wat aangegaan is in 2018 en 2019.

Die polisie het gesê arrestasie was nodig nadat vasgestel is dat redelike stappe nie geneem is om seker te maak dat die vereistes nagekom word nie.

Die jongste arrestasie en vervolging volg nadat tientalle mense die afgelope weke in hegtenis geneem is weens bedrog en korrupsie, en die Valke se optrede word beskou as n direkte bevel van Ramaphosa om korrupsie en bedrog hok te slaan.

Wes-Transvaal is hoog op die lys van korrupsie gevalle, en die verwagtinge is dat daar later nog arrestasies uit die geweste verwag kan word.