Valke ondersoek 154 sake oor Noodfonds

Die Valke eenheid is besig om minstens 154 afsonderlike gevalle van beweerde bedrog of korrupsie te ondersoek wat verband hou met die Covid-19 Noodfonds wat bedoel is om mense in finansiële nood te ondersteun.

Die Valke is glo hard besig met die ondersoeke en die vermoede bestaan dat nog talle hoë profiel ANC mense aan die pen gaan ry.

Luitenant-Generaal Godfrey Lebeya, hoof van die Valke eenheid, het in die parlementêre staande komitee bevestig dat moontlike korrupsie voorvalle wat verband hou met die Noodfonds, binnekort tot meer arrestasies kan lei, en dat van die “groot visse” aangekeer gaan word.

Die Generaal sê voorlopige aanduidings is dat sowat 80,000 onwettige uitbetalings uit die Covid-Noordfonds gemaak is, wat beteken dat die ondersoeke nog ʼn geruime tyd sal duur.