Twee vegtende lande weier samesprekings

Die vegtende magte van Armenië en Azerbaidjan oor die Nagorno-Karabakh gebied het Bondskanselier Angela Merkel van Duitsland, en die Verenigde Nasies laat vra vir beide lande om na die onderhandelings tafel te kom.

Die VN se Veiligheidsraad het ook ʼn ernstige beroep op die twee Kaukasiese lande gedoen om in gesprek te tree met mekaar, maar tot hede het beide lande geweier om gehoor te gee,

Kanselier Merkel het ʼn beroep gedoen op die Eerste Minister van Arm, Nikol Pashinyan, om die gevegte dadelik te stop, maar dit is duidelik dat die Armeense regering nie gehoor wil gee aan internasionale oproepe om die Kaukasiese gebied te beskerm teen gewelddadige optrede nie.

Die gevegte wat sedert Maandag tussen die twee lande ontwikkel het tot die gevaarlike situasie van die hede, kan ook ʼn bedreiging wees vir wêreldvrede, en behoort onverwyld beëindig te word, sê die militêre ontleders wat die omstandighede bestudeer het.