Turkse olie soektog hervat in Mediterreense see

Griekeland het in reaksie op Turkye se hernude soektog na olie en gas in die Mediterreense see gebied skerp veroordeel end it as oortreding van internasionale regte bestempel.

Die besluit van Turkye om sy navorsing skip, Oruc Reis, weer na die Mediterreense gebied te stuur, het spanning teweeggebring met Griekeland en ander omliggende lande, wat Turkye vroeër verplig het om die gebied te verlaat.

Die huidige besluit om weer na die Mediterreense see ondersoeke te doen oor moontlike olie of gas bronne wat ontgin kan word, het Griekeland weer in ʼn ontevredenheid gedompel.

Griekeland sê die optrede van Turkye om weer sy olie navorsing skip te stuur, veroorsaak erge spanning in die ooste van die Mediterreense gebied.

Die Griekse Minister van Buitelandse Sake het ʼn beroep gedoen op Turkye om nie voort te gaan met die besluit nie, end dit te herroep ter wille van goeie internasionale gesindheid

Die Turkse Vloot het intussen bekend gemaak dat die navorsingskip tot 22 Oktober in die gebied sal wees