Trump toets Covid-positief

Die Amerikaanse president, Donald Trump, en sy gade Melanie, het positief getoets vir infeksie met die koronavirus, en sal vir 14 dae in kwarantyn wees te midde van die komende presidentsverkiesing.

Die infeksie is glo opgedoen nadat vasgestel is dat een van die senior beamptes, Hope Hicks,  onbewus was dat sy infeksie het en die president was in haar geselskap tydens ʼn dringende werksessie.

President Trump het die inligting op die sosiale netwerk bekend gemaak en gesê hy en Melanie het dadelik in afsondering gegaan en sal saam die kwarantyn tyd deurbring.

President Trump is die hoogste-profiel staatsman wat infeksie opgedoen het, en dit gebeur in die tyd wat hy die presidentsverkiesing teen Joe Biden moes stry.

ʼn Woordvoerder van die Wit Huis sê die president is wel en gaan voort met sy gewone werk sonder enige onderbrekings, maar moes van sy verkiesingsveldtog se afsprake kanselleer, waarvan besoek aan Florida een daarvan is.