Trump kry behandeling met nuwe middel

Die Amerikaanse president, Donald Trump, het verlede week bekend gemaak dat hy en sy gade, Melanie, positief toets met die Covid-19 virus.

Die president het ligte simptome gewys, maar is opgeneem in die hospitaal waar hy met ʼn teenliggaampie entstof behandel word wat nog nie geregistreer is nie, maar wat reeds in ʼn finale toets stadium is.

Die middel, wat bekendstaan as REGN-COV-2, is ontwikkel deur Regeneron,  ʼn Amerikaanse farmaseutiese instelling wat bekend is vir sy sukses in die ontwikkeling van medikasie wat met die teenliggaampie beginsel ontwikkel is.

Die vermoede bestaan dat president Trump spoedig sal herstel met die middel waarmee hy behandel word. Ingeligte bronne wys daarop dat spesiale goedkeuring verkry is om die middel te gebruik ten einde te verseker dat die Amerikaanse president vinnig kan herstel op die vooraand van die presidentsverkiesing wat op 3 November gehou word.