Trump is ontslaan uit hospitaal

Die Amerikaanse president, Donald Trump, is Dinsdag ontslaan na behandeling sedert Vrydag toegedien is vir infeksie van Covid-19 koronavirus.

Die President is terug na die Wit Huis maar sy dokters het gemaan dat hy versigtig moet wees aangesien hy nog nie volkome genees is van die virus infeksie nie.

Die vinnige herstel en ontslag uit die Walter Reed Mediese Sentrum volg nadat vier dae se behandeling toegepas is wat klaarblyklik uiters suksesvol was.

Die president is tydens sy ontslag met ʼn helikopter teruggeneem na die Wit Huis waar hy sy werksaamhede voortsit terwyl hy in afsondering bly.

Aangesien hy nog steeds virus infeksie het, sal behandeling in die Wit Huis voortgesit word, maar dit is duidelik dat die behandeling baie suksesvol is en die president reeds buite gevaar is.