Trump gaan sukkel in verkiesing

Volgens die jongste meningspeiling oor die stand van president Trump en die Demokrate se Joe Biden as opponent, wil dit lyk of die Amerikaanse Eerste Burger dit nie vir ʼn tweede termyn gaan haal nie.

Die jongste peiling onder kiesers toon dat Joe Biden voor is met 9.7%, wat meer is as wat algemeen verwag is.

President Trump het Maandagmiddag weer aangekondig dat hy nou genees is van die koronavirus infeksie en het beplan om sy volgende verkiesings veldtog byeenkoms by te woon aangesien hy glo gesê het hy is nou immuun teen moontlike infeksie.

In sy beriggies op die sosiale netwerk Twitter het hy laat blyk dat hy vol vertroue is om weer verkies te word vir die volgende vier jaar termyn as president.