Trump-Biden debat waardeloos

Die eerste TV debat tussen President Donald Trump en die voormalige visepresident Joe Biden, was gekenmerk deur oor en weer beskuldigings, en geen konstruktiewe bydraes is gelewer wat kiesers kon beïndruk nie.

Die debat is ook gekenmerk deur die aanhoudende in die rede val van die een op die ander se gesprek, terwyl dit nie tot enige iemand se voordeel kon strek nie.

Geeneen van die twee kan daarop aanspraak maak dat hy die debat gewen het nie, en waarskynlik het die debat geen bydrae gelewer wat kiesers kon oortuig om vir ʼn bepaalde kandidaat te stem in die presidentsverkiesing van November nie.

Die volgende debat sal waarskynlik op 15 Oktober plaasvind, en politieke ontleders reken dit kan op ʼn soortgelyke swak debat afstuur as iemand nie die sprekers gaan reghelp om korrek en beskaafd op te tree deur elke spreker sy beurt te laat praat sonder om onderbreek te word.