Tibet leier streef na onafhanklikheid

Die leier van die regering in Tibet sê in ʼn verklaring hy gaan voort in die stryd om Tibet na onafhanklikheid te neem. Hy bestempel Sjina as ʼn verlengstuk van Tibet van 70 jaar gelede en is “onwettig”.

Lobsang Sangay is die leier van die regerende struktuur van Tibet, het aan die media gesê Sjina het 70 jaar gelede onwettig op Tibet “beslag gelê” en daarom sal hy voortgaan om sy land se onafhanklikheid te herwin.

Hy sê die stryd is moeilik, want sy regering is in ballingskap wat dit nie maklik maak om die stryd te voer nie.

Hy wys daarop dat die presidentsverkiesing in die VSA en die verandering van premier in Japan, faktore is wat sy stryd bemoeilik want nou moet nuwe verhoudings opgebou word wat nie altyd gunstig uitwerk nie.

Na 60 jaar in die stryd, staan hy en sy volksgenote steeds stewig in die stryd en handhaaf die beginsel van geen gewelddadigheid in die stryd om vryheid nie.

Sjina beweer dat Tibet vir honderde jare deel van sy ryk is, en daarom nie sal toelaat dat die streek wegbreek van Sjina om onafhanklik te word nie.